Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Slagveld van Haar Hart [Afrikaans] Book

ISBN: B0CHKTDZZG

ISBN13: 9798861177368

Slagveld van Haar Hart [Afrikaans]

Keara Holm, word op die plaas Goedgeluk, naby Bitterfontein in die Namakwaland groot in die vyftigerjare. Werk is daar nie vir alle skoolverlaters in die omgewing nie. Sy word gedwing om as na ewe en onskuldige plaaskind, wat niks van die dinge van die lewe weet nie, in Kaapstad te gaan werk.

Hier maak sy binne die eerste jaar kennis met die harde feite van die lewe, wat haar jong lewe radikaal gaan verander. Met geen ondersteuningsnetwerk, eerstens omdat haar familie so ver is, en tweedens omdat jongmense nie toegelaat is om oor die dinge met hul ouers te praat nie, ontaard haar hart in 'n slagveld, waar sy alleen die seer en verwoesting moet verwerk.

Sy land saam met haar man in die oorloggeteisterde Suidwes-Afrika, in Oshakati. Hier moet sy probeer oorleef met 'n man wat 'n alkoholis en skisofreen is, en haar seuntjie probeer beskerm. Dit is 'n wenresep vir net nog meer oorlog en nog meer lyke in haar lewe waarmee sy alleen moet deel.
Die lewe en die liefde doen haar geen gunste nie. Haar enigste anker deur die oorlo waarmee haar lewe telkens geteister sal word, is haar geloof in haar God.

Wat word van Keara Holm? Kry sy ooit weer die geleentheid om terug te gaan na haar geliefde Namakwaland en Goedgeluk? Bly haar lewe 'n slagveld, of wen sy op die einde die oorlog?

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$18.99
Ships within 2-3 days
Save to List

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured