O Leser so spesiaal
Daar in 'n hoekie sit jy miskien vandag,
jou moed gebreek, en jou toestand benard.
Traandruppels klewerig oor jou wange, jy voel verward,
worstelend, soekend, uitroepend, jy't 'n gebroke hart
Daar's onsekerhede wat jou menswees baie pla -
Onverwagte siektes, moord, skielike dood, daar's menige vrae.
Mag po tiese woorde en digterlike sinne vir jou hart se kreet-
'n hemelse vertroosting bring, om te ontspan en lag, in lief en leed
Lees Jesaja 43 ('n vertroosting)
En mag die korreltjie silika in 'n juweel van kwarts ontvou
Wense uit my hart vir jou
Johanita
Related Subjects
Poetry