Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback 'n Nuwe Begin [Afrikaans] Book

ISBN: B0BP9Z9W68

ISBN13: 9798367368949

'n Nuwe Begin [Afrikaans]

Sanja Sandrucci se uittrede uit die modebedryf kom as 'n groot skok vir die w?reld, veral vir Alessandro Pisano wat haar uitsonderlike talent raakgesien het en haar klerereeks as 'n onderafdeling van sy modehuis vervaardig en bemark. Sonder enige verduideliking roep sy Milaan vaarwel en keur terug na Pretoria.

Een Saterdagoggend is sy en Ronnie van Wyk, 'n vennoot in 'n eksklusiewe meubelvervaardigingsbedryf, toevallig saam in ʼn hysbak toe hy homself aan haar voorstel en uit die bloute sy aandele in die besigheid vir haar aanbied. Sy sien dit as 'n uitkoms uit die dilemma waarin sy haarself bevind en koop die aandele blindelings.

Louw, wat die meerderheid aandele in die besigheid besit, is glad nie ingenome met sy broer en Sanja se saketransaksie wat sonder sy medewete plaasgevind het nie. Hy is uiters agterdogtig en skepties oor haar besluit om die modebedryf vir die meubelbedryf te verruil. Sy bewys hom verkeerd deur die vertroue te wen van 'n moeilike kli?nt en oortuig hom dat sy net so goed meubels kan ontwerp as klere.

Sanja is egter nie van plan om die werklike rede vir haar skielike beroepsverandering aan elkeen uit te lap nie. Maar die verlede het mos 'n manier om jou onverwags aan die hakskeen te byt. Die nuus dat daar ʼn hangende kriminele saak teen haar is, bereik wel spoedig Louw se ore, so ook di? van Alessandro Pisano.

Sy word gedwing om saam met Alessandro terug te keer na Milaan, nie net om haar eie naam te beskerm nie, maar ook om die man wat haar hart besit, se veiligheid te verseker.

Gaan Louw haar betyds keer, of is hy reeds te laat om haar uit Alessandro se arms te hou?

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$13.97
Ships within 2-3 days
Save to List

Related Subjects

Fiction Literature & Fiction

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured