Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Erfenis van Bloed (Afrikaans Edition) [Afrikaans] Book

ISBN: B0HDJNCW25

ISBN13: 9798191463070

Erfenis van Bloed (Afrikaans Edition) [Afrikaans]

Sommige geheime kos te veel om te begrawe.
Kaapstad 1971; 'n Meisie se lewe skeur aan flarde toe sy vertel word haar minnaar is dood.
Meer as dertig jaar later - kort nadat die land se grootste wapenskandaal ontplof - word die ryk, geheimsinnige Anton Verster vermoor aangetref. 'n Bittere hofsaak bars los oor sy erfenis. Advokaat Helmuth Toerien word as eksekuteur in 'n dodelike wespenes van korrupsie en staatsgeheime ingesleep terwyl sy eie verborge verlede oopgeskeur word.
Parys; Die erfgenaam, Estelle du Buisson sterf in 'n motorongeluk. Antoinette du Buisson, vind in haar suster se bondel ou liefdesbriewe, 'n onverklaarbare geheim. Wat beteken dit en waarom is daar 'n aanslag op Antoinette se lewe?
Antoinette reis na Suid Afrika om Estelle se erfenis op te eis. Terwyl die gevaar aan albei kante toeneem word Antoinette en Helmuth saamgesnoer in 'n gelaaide wedloop teen tyd om die spoor van internasionale bloedgeld te volg. Van geheime Switserse front-maatskappye tot by die RSA se hoogste politieke kringe; iemand sal enigiets doen om die verlede te begrawe.
Maar die dodelikste geheim l nie in die dokumente nie. Dit wag versteek in Antoinette se are.
'n Brandende riller oor 'n verbode verlede, dodelike korrupsie en die prys van waarheid.

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$17.61
Ships within 2-3 days
Save to List

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured