Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Ys en Vuur [Afrikaans] Book

ISBN: 1512018120

ISBN13: 9781512018127

Ys en Vuur [Afrikaans]

Uit die pen van Max Minnaar: 'n Verhaal vol intrige. Hartseer, verlies, haat, 'n soeke na geregtigheid, wilde hartstog en liefde wat sal oorwin. Of nie?'n Verbitterde Natasha vat spoor agter die man aan wat verantwoordelik is vir haar jonger suster se dwelmdood. Sy slaag daarin om by dieselfde plek as hy werk te kry en sy wek sy belangstelling in haar sonder moeite. Skimme uit die verlede spook by haar en 'n tragedie uit die geskiedenis word herhaal. Sy ontmoet egter ook vir Hein en is magteloos teen sy onweerstaanbare magnetisme. Salig onbewus van haar netjies uitgewerkte planne - wat hom nie m g insluit nie - verloor Hein op sy beurt sy hart totaal aan die hardkoppige, wraaklustige donkerkop wat al hoe meer begin flankeer met gevaar en later 'n dwelmsindikaat binnedring. En asof dit nie genoeg is nie, is sy ook nog deel van 'n ekstreme vigilante-groep. As gevolg van haar pligsgevoel teenoor haar suster bly sy teen haar gevoel vir die blonde Viking veg. Totdat sy een nag swig en daarna agterkom dat sy haar deeglik misreken het met hom. Die vonke spat om elke hoek en draai tussen twee mooi mense. Sal sy afsien van haar vergeldingsplanne? Of is hulle liefde gedoem tot mislukking?

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$10.33
Ships within 2-3 days
Save to List

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks® and the ThriftBooks® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured