Dewald is diep bekommerd oor Pieter die laaste paar dae. Dit lyk of die nuus van sy stiefpa se dood meer aan hom gevat het as wat Dewald aanvanklik gedink het. Pieter is humerig en vol nukke. Hy bly tot laat in die aand uit en as Dewald al oppad kantoor toe is, l? Pieter nog en slaap. Dewald het hom gehoor toe hy weer in die vroe? oggend ure in gekom het. Hy hoop nie die selfde het weer gebeur as die vorige twee aande nie. Toe Dewald na sy kamer toe loop om hom te gaan wakker maak, is dit weer net bloed waar jy kyk. "Pieter, word wakker!!" roep Dewald hom van 'n afstand af. Hy wil nie aan hom vat nie, want hy weet nie waste bloed op die man se klere is nie, of dit diere of dalk mens bloed is nie. "Pieter, word wakker!" probeer hy weer, maar geen reaksie nie. "Ag verdomp man!" s? Dewald naderhand moedeloos en gaan haal die besem in die kombuis. Hy vat die agterkant van die besemstok en pomp vir Pieter in die ribbes waar hy op sy bed l?. Uiteindelik, na nog 'n paar stampe, word hy uit sy beswyming wakker. "Huh... wat... huh uh... wat soek jy?" mompel hy deurmekaar terwyl hy na die besemstok klap wat hom nou so flussies nog in die ribbes gepomp het. "Kyk hoe lyk jy alweer. Waar was jy? Dit is nou al die derde keer in drie aande wat jy so bebloed by die huis aankom en elke keer is daar meer bloed op jou. Gaan jag jy in die donker of wat?" vra Dewald benoud. Pieter kom op sy voete en kyk met afgryse na sy klere en hande. "Wat... waar... hoekom..." stotter hy weer toe hy afkyk na sy hande en klere. "Ek kan niks onthou nie. Al wat ek kan onthou is dat ek na werk by die kroeg gestop het om 'n bier te drink. Daarna is alles swart. Ek weet nie eers hoe ek by die huis gekom het nie. Dieselfde as die vorige paar aande. Dewald, wat is aan die gang? Jy dink seker nie ek het iemand vermoor nie? Is ek besig om mal te word?" vra hy bang. "Nee Pieter, ek weet nie waar die bloed vandaan kom nie. As dit nie jou eie bloed is nie, dan weet ek nie. Ons is hier in 'n yslike groot stad met duisende mense. As jy self nie kan onthou nie, hoe sal ek weet waar jy was" s? Dewald simpatiek toe hy die paniek in Pieter se o? sien. Pieter ruk sy klere met mening van sy lyf af en hardloop na die badkamer toe. Hy draai die water van die stort oop. "Ek gaan werk toe. Ek sal later met jou gesels" groet Dewald kopskuddend wat alreeds laat hardloop. Pieter hoor hom skaars. Wat gaan aan met hom dat hy nie kan onthou wat die nag van tevore met hom gebeur het nie? Waar was hy en wat het hy gedoen dat hy so bebloed by die huis aangekom het? Paniekerig klim Pieter in die stort en begin sy lyf te skrop om van al die bloed ontslae te raak.
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest
everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We
deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15.
ThriftBooks.com. Read more. Spend less.