Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Wanneer die Storm Stil Raak ... [Afrikaans] Book

ISBN: B0BFNYS74X

ISBN13: 9798353423683

Wanneer die Storm Stil Raak ... [Afrikaans]

Hierdie boek is baseer op 'n ware verhaal, die name van plekke en mense is nie die ware name nie, om die vrou, wie se verhaal dit is, te beskerm. Hierdie verhaal is met haar toestemming omskryf in fiksie, omdat baie van die karakters in die verhaal steeds lewe. Daar is soveel vroue wat deur dieselfde hel as sy gegaan het en gaan en ek glo sal kan baat vind by hierdie boek.

...Imelda Schenk word op die plaas Goedgevonden, in die Gochas distrik vroeg in die vyftiger jare gebore. Sy is haar ouers, Armin en Beth, se tweede dogter. Na haar word daar nog 'n dogtertjie gebore. Beth se moeder raak siek en sy moet dringend na haar gaan en haar babadogtertjie op die plaas agterlaat by haar skoonsuster. Terwyl sy weg is sterf baba Helga aan masels.

Dit is hier waar dinge in die Schenk-familie se lewens drasties verkeerd gaan, maar veral vir klein Imelda wat nou net so oor die drie jaar oud is.

As gevolg van verskriklike trauma wat sy opdoen, is haar skoolloopbaan 'n hel wat sy net om wens. Sy sukkel om te leer, die stemme in haar kop wil haar mal maak, en sy word geteister deur verskriklike drome. Sy dink sy het die monster van haar verlede agtergelaat, wanneer net nog verskriklike dinge met haar gebeur deur haar matriekjaar.

Wanneer sy gaan studeer in Wellington, glo sy haar lewe en geluk het gedraai wanneer sy met die eerste oogopslag verlief raak op 'n mede-Suidwester en haar kamermaat se neef. Min het sy besef dit is net die begin van nog baie hartseer, verraad en verwerping in haar lewe.

Wat gaan van Imelda Schenk word? Gaan sy ooit geluk en vrede vind? Of gaan die monsters van die verlede haar insluk?

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$15.67
Ships within 2-3 days
Save to List

Related Subjects

Fiction Literature & Fiction

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks® and the ThriftBooks® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured