Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Vlug 237 [Afrikaans] Book

ISBN: B08HGZK9W2

ISBN13: 9798683635084

Vlug 237 [Afrikaans]

Op 28 November1987, stort die Helderberg, Suid Afrikaanse Lugdiens vlug 295, met 159 mense aan boord in die see naby Mauritius. Daar was geen oorlewendes nie.Dit was ʼn onstuimige jaar. Suid Afrika gaan gebuk onder buitelandse boikotte. Verskeie klandestiene organisasies werk onverpoos om di boikotte te omseil. ʼn Reisjoernalis van Pretoria verdwyn vanaf haar toerbus in die onherbergsame woestyn van Tsjaad tussen N'Djamena en Khartoem. ʼn Franse diplomaat word dood aangetref deur ʼn Britse TV span by die Makgadikgadi-panne in Botswana.ʼn Stil, onbekende man wat voorgee dat hy ʼn vryskut skrywer is, smelt weg tussen ʼn groep internasionale verslaggewers by die befaamde American Colony hotel in Oos-Jerusalem. Ter selfde tyd is daar toenemende onluste en gerugte van 'n opstand onder die Palestyne.Waaraan werk hy agter geslote hekke by Ben Gurion lughawe?ʼn Afgetrede Mossad agent in die ou hawestad van Jaffa ontvang ʼn boodskap: "Die walvis het Donderdag vir Jonah ingesluk."ʼn Vreemde vliegtuig land in die vroe oggendure by Waterkloof.Wie stuur ʼn verjaardagkaartjie met slegs ʼn verlepte pienk roosblaar as boodskap?Waarom is die Franse diplomaat se beeldskone weduwee toevallig daardie middag in Sandton City?Hoe is die gebeure gekoppel of enigsins aan mekaar verwant? Wat is die werklikheid en wat is slegs onbevestigde gerugte?

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$17.00
Ships within 2-3 days
Save to List

Related Subjects

Fiction Literature & Fiction

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks® and the ThriftBooks® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured