Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Tussen Lewe en Dood [Afrikaans] Book

ISBN: 1991455313

ISBN13: 9781991455314

Tussen Lewe en Dood [Afrikaans]

Elyna Boudin verloor albei haar ouers toe sy net vyf jaar oud was. Haar grootouers, Gunther en Imke Schmidt, neem haar en sy het die voorreg om op die plaas Duwiseb, tagtig kilometer van Maltah he, groot te word.
Ge nspireer deur die Duwiseb kasteel wat deur 'n baron die vorige eeu vir sy bruid gebou is, gaan studeer sy argitektuur. Deur die jare was haar wens om haar ouers se gedenkplaat te gaan opsoek - dit is gele in die Visrivier Canyon. Hulle is albei deur 'n swartmamba dood gepik tydens 'n staptog daar.

Alhoewel haar niggie Lida en oupa haar afraai om te gaan, beplan sy om nadat sy mondig geword het, die roete te gaan stap en die plek te besoek. Sy beplan alles haarfyn en bespreek haar staptog onder 'n vals naam. Die noodlot slaan toe. Op die derde dag van haar staptog, val sy wanneer sy saam met die ander stappers die redelike vol rivier oorsteek. In die ongeluk beseer sy haar rug en haar kop.

Dokter Zeus von Heinitz is die chirurg wat haar by ongevalle inwag en dadelik op haar opereer. Hy is ook die man wat haar meedeel dat sy aan geheueverlies lei en verlam is.

Dit laat Elyna sonder verlede, sonder heenkome en verlam ... Zeus von Heinitz raak op haar verlief, neem haar na sy huis en versorg haar.
Sal sy ooit haar verlede onthou, sal Zeus se liefde vir haar genoeg wees om lewe te kies?

Marsofine Krynauw skep 'n narratief wat diep introspektief is, wat die innerlike werking van haar karakters met 'n po tiese aanslag ondersoek. Haar skryfwerk is evokatief, en weef ingewikkelde emosies met 'n bestendige opbou van spanning. Die dialoog is outentiek, en die beskrywings dompel die leser in 'n w reld waar elke detail betekenis het. Die verhaal vertel van die rou emosie, wat die verhaal so diep roerend maak.

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$14.82
Ships within 2-3 days
Save to List

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks® and the ThriftBooks® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured