Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Terreur En Bevryding: Die ANC/SAKP, Die Kommunisme en Geweld (1961 - 1990) [Afrikaans] Book

ISBN: 1776191676

ISBN13: 9781776191673

Terreur En Bevryding: Die ANC/SAKP, Die Kommunisme en Geweld (1961 - 1990) [Afrikaans]

Select Format

Select Condition ThriftBooks Help Icon

Recommended

Format: Paperback

Condition: Very Good

$19.19
Save $1.81!
List Price $21.00
Almost Gone, Only 1 Left!

Book Overview

Wie vandag se ANC, sy beleid en regeerstyl wil verstaan, moet feitlik 'n eeu terug begin delf. 'n Deel van die antwoord l? in sy verhouding met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en die invloed van die kommunisme, asook die ANC/SAKP se optrede in ballingskap, skryf die politieke kommentator en historikus Leopold Scholtz.


In Terreur en bevryding toon hy aan hoe die SAKP reeds in 1928 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer. Die doel was om mettertyd die partyleiding oor te neem as deel van 'n beoogde revolusie in twee fases: 'n nasionaal demokratiese revolusie - 'n konsep wat steeds deel is van ANC-beleid - gevolg deur 'n Marxisties-Leninistiese "diktatuur van die proletariaat". Volgens Scholtz sou dit 'n immorele stelsel met beperkte vryheid meebring.


Dit was ook die SAKP wat die dryfveer agter die gewapende stryd was. Scholtz plaas die kollig op die dodelike kombinasie van erge interne intoleransie en onbekwaamheid binne die ANC/SAKP in ballingskap, die korrupsie deur 'n deel van die leierskorps en die ernstige menseregtevergrype in die ANC se buitelandse kampe. Hy voer aan dat dit wat tans in Suid-Afrika op al drie regeringsvlakke gebeur 'n voortsetting is van 'n kultuur wat al tydens die alliansie se jare in ballingskap gevestig is.




Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2025 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured