Sy was Siela is die verhaal van Katrien, 'n jong vrou wat daagliks met die liefde worstel. Sy besef nie dat sy in haarself verdwaal geraak het nie. In haar alledaagse bestaan word sy via haar soeke na ware liefde met haar eie sielshunkering na verdieping gekonfronteer. Sy ontleed haarself en haar eie lewe tot op die bodem om te probeer verstaan waarom sy nie gelukkig is nie. Dit is egter uiteindelik nie die verloop van haar eie lewe en haar terugblik daarop wat haar die antwoorde bied waarna sy op soek is om innerlike rus te vind nie. 'n Dieper, ongekende sielswaarheid sal haar na die lewe terugbring, maar eers moet sy haar pad uit haar verdwaaldheid vind. Is dit Andrias wat haar sal terugbring, of Koen? Weet Katrien waarna sy regtig soek? As sy dit gevind het, sal sy dan rus vind? En wie, o wie is Benjamin? Wat het sy verhaal en hare in gemeen met mekaar? Dit is die misterie . . .
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15. ThriftBooks.com. Read more. Spend less.