Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Sweepslag van die Liefde [Afrikaans] Book

ISBN: 1991455933

ISBN13: 9781991455932

Sweepslag van die Liefde [Afrikaans]

Werner Botha word Duitsland toe verplaas deur sy werk. Sy vrou Kendra en hul dogtertjie Kari gaan saam.
Oornag is hulle vreemdelinge in 'n land waar hulle nie eers die taal verstaan nie. Vir Werner is dit nie
'n probleem nie, want hy word deur sy werk na verskeie ander lande gestuur en is byna nooit by die huis nie.

Kendra en Kari kry baie swaar, maar leer vinnig die taal aan. Kari is so gelukkig om binne die eerste week
'n maatjie te maak, Sven, van wie die mamma oorlede is aan kanker. Die twee raak onafskeidbaar. Kendra is
'n regte voorslag vrou en terwyl haar man weg is maak sy hulle dogter alleen groot in die vreemde land.
Steeds is sy baie lief vir haar man en dra hom op die hande die tye wat hy wel by die huis is.

Haar lugkasteel stort in duie as sy 'n stemnota van 'n vriendin in Suid-Afrika ontvang waarin die haar
vertel dat sy en haar man al jare 'n verhouding het. Dit is net die begin van Kendra se stryd. Die houe
wat die liefde aan haar uitdeel, word net al hoe seerder. Hoeveel kan een vrou verdra?
Hoe ver sal Werner haar dryf?
En sal sy hierdie stryd oorleef?

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$14.97
Ships within 2-3 days
Save to List

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks® and the ThriftBooks® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured