Die boekie bevat ongeveer vyftig hoofsaaklik humoristiese staaltjies. Maak nie saak waar mens jouself bevind nie, daar is iets komies in meeste situasies. Dit was juis hierdie alledaagse humor wat die skryfster probeer neerpen het. Die staaltjies is kort, loslyf en stompstert. Hulle is geweldig uiteenlopend en gaan oor gebeurlikhede vanaf skoolkoshuis- tot herfsjare. Daar is 'n paar hofstories, reisstories, vertellinge, observasies en kommentare. Die meenste daarvan sal heel goed met 'n knippie sout afgaan. Trouens, vir diegene wat daarvan hou om tyd op die troon te spandeer, die boekie leen hom besonder goed tot 'n staaltjie of twee per sitting Afrikaans is en bly 'n lekker taal en die skryf van die boekie het korte mette van die Korona grendeltyd en 'huisarres' gemaak. Die ambisie was nie om 'n werk van die hoogste liter re kwaliteit te skep nie en daar is beslis baie ruimte vir verbetering. As sulks sal opbouende kritiek verwelkom word op die boodskapper van die Facebook groep "Stompstertstaaltjies." Enige opbrengs van die verkoop van die boekie sal in die Parvis Hanson Association ingeploeg word om kinders van ontwikkelende lande 'n hupstootjie in die rigting van 'n beter toekoms te gee.
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest
everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We
deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15.
ThriftBooks.com. Read more. Spend less.