Die stilte tussen die sterre is verbreek. Ude Ramazor, die dodelike planeet, het uit die as van verwoesting verrys ... en is honger vir wraak. Wanneer die eerste aanval Zedikiah in puin l , weet Rashida en Talbot hul tyd is beperk. 'n Verskriklike sterre-oorlog breek los - met massiewe sterskepe, vernietigende laserkanonne en missiele wat die ruimte verskeur. Maar een sterskip, Dodelike Valk, hou die mag om 'n hele planeet uit te wis - en Kilner Valkener, gedrewe deur haat en pyn, is bereid om dit te gebruik. Intussen, op die geheimsinnige planeet Raggamajos, groei 'n jong seun, Lazinnerin Arrabel, onbewus van sy lot - en sy mag. Maar die Donkermag weet van hom. En hulle wag ... In hierdie epiese vierde aflewering van die Sterrevegters-reeks, wag die grootste botsing nog - tussen lig en duisternis, wraak en hoop ... en tussen broers.
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $20. ThriftBooks.com. Read more. Spend less.