Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Stap Saam Deur 2021 - Bundel 1 [Afrikaans] Book

ISBN: B09Y5FRYF4

ISBN13: 9798808238299

Stap Saam Deur 2021 - Bundel 1 [Afrikaans]

Te midde van die feit dat die meeste mense se Desember vakansie belemmer is deur strande wat gesluit was as gevolg van Covid-regulasies, het almal 2021 vol vreugde ingewag. Soos wat dit oor die jare gewoonte geraak het by ons almal, het ons gedink: dit kan net beter gaan in 2021, want slegter kan dit nie gaan nie!

Tog het 2021 die jaar geword waarin baie mense ʼn geliefde of vriende of selfs kennisse aan die dood afgestaan het as gevolg van Covid. Die w?reld was moedeloos en ons digters is nie daarby uitgesluit nie. Maar steeds is hulle die mense wat ander aanmoedig, hoop gee en opgelig het met hul verse. Daar waar almal hopeloos was, het 'n digter se woorde hoop gegee. Hierdie jaar het ons weer kom leer wat dit is om familie en vriende te waardeer, hoeveel samesyn vir ons werd is. Ons meer verdraagsaamheid teenoor mekaar kom leer.

Soos die jaar in seisoene opgedeel is, is ons lewens ook. Die winter het verby gegaan en met die lente het ook die lente van weer vrylik beweeg, weer vriende en familie besoek en weer meer normaal lewe gekom. Ons digters se woorde het ook hul lente bereik, en prag-verse is geskryf en het geblom soos Namakwaland.

Kom stap saam deur 2021 - nie net om die seer, verlies en teleurstellings te beleef nie, maar die nuwe lente met nuwe liefde, hoop, geluk en kleur.

Onthou altyd jou woorde is iemand anders se hoop. Jou woorde laat mense weer glo en vertrou. Jou woorde is iemand se aanmoediging.

Mag Stap Saam Deur 2021 almal wat dit lees op 'n reis van dankbaarheid en hoop neem en ons woorde gese?nd wees.

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$16.52
Ships within 2-3 days
Save to List

Related Subjects

Poetry

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks® and the ThriftBooks® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured