Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Spore in die Dou [Afrikaans] Book

ISBN: B09JJJ6K2J

ISBN13: 9798499015339

Spore in die Dou [Afrikaans]

Storm Johanson, beroemde fotograaf vir TV-kanale soos National Geographic's en BBC Earth, vertrek op 'n sending na Namibi? om die skaars ietermagog te gaan fotografeer. Daar op Garub, die plaas aan die voet van die Karasberge, vind sy dan ook die liefde van haar lewe.
Maar... Die lewe gebeur. Storm verlaat Garub en keer terug na Suid-Afrika, waar niemand haar ken of ongemaklike vrae vra nie.

Alleen in die Kaap, neem 'n vriend haar onder sy vlerk. Storm begin as joernalis en fotograaf by die Oggendson werk, met haar geheim veilig weggeb?re.

Sy kry op 'n dag opdrag om 'n moord te gaan dek in Sandvlei, nie ver van Keetmanshoop nie. Dit blyk dat die moord dieselfde patroon volg as die opspraakwekkende moorde wat meer as ses jaar vantevore in die dieselfde dorp gepleeg is.

Aangesien Sandvlei Storm se geboortedorp is, moet sy kilometers v?r ry vir 'n simpel koerantstorie! Sy smeek die redakteur om iemand anders te stuur, want hoe op dees aarde gaan sy weer die inwoners van Sandvlei in die o? kyk? En om olie op die vuur te gooi... Garub, die plaas waar sy soveel liefde geken en gekry het, is redelik naby aan Sandvlei.

Storm word uit haar bewustelose toestand geruk deur die getjank van 'n hond. Sy besef dat sy in die wrak van 'n motor vasgekeer sit. Wie sy is en waarheen sy op pad was, weet sy nie. Ook nie waarom die motor vol roosblare is nie.

Gaan Marcus Fourie, die baas van Garub, haar betyds opspoor en red van 'n gewisse dood?

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$13.97
Ships within 2-3 days
Save to List

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks® and the ThriftBooks® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured