Mense, hulle persoonlikhede en hulle karre.
Elke keer wanneer mens en motor bymekaarkom, is daar 'n storie oor iewers heen of van iewers af.
Verhoudinge is ter sprake. Hulle - mens en motor - opereer nie totaal onafhanlik van mekaar nie.
Dit is lekker om te beleef dat mense vandag nog liries kan raak oor iets wat vir hulle baie plesier verskaf, is mos mooi en goed. As dit nou nog 'n kar is, is dit natuurlik soveel treffender - veral as jy self 'n liefde vir die rygoed het. . .