Kids' Book Fair: Get books for as low
as $2.99 each. Get the Promo Code →
Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Slingerpad na die Hart [Afrikaans] Book

ISBN: B0CGL2LPHF

ISBN13: 9798857728765

Slingerpad na die Hart [Afrikaans]

SLINGERPAD NA DIE HART is 'n emosiebelaaide verhaal uit die pen van die immergewilde skrywer: Wilmari Jooste.

Die noodlottige ongeluk van Melda Malan se ouers het die klein Bolandse dorpie geruk. Nou rus dit op haar tenger skouers om na haar kleinboet, Janneman, om te sien.

Die omvang van alles word egter ʼn paar weke later ontbloot toe die ouditeure deur haar prokureur-pa se boeke gaan. Derduisende rande van kli nte se trustgelde is verduister, en sy, Melda, staan skielik in die beskuldigde bank. Die praktyk en die huis word verkoop om die skuld te delg, wat Melda en haar agtjarige boetie in 'n uiters benarde posisie laat. Alhoewel sy onskuldig bevind word deur die hof, skinder die dorpsmense agter bakhande.

Vasbeslote om vir haar en Janneman ʼn nuwe lewe te skep, vlug hulle ver genoeg weg van Bergstroom af na Johannesburg, waar nog geen mens ooit gehoor het van Wynand Malan en sy skelmstreke nie.

Ontnugter kom sy agter dat dit nie so maklik is vir 'n na ewe plattelandse meisie om in die stad werk te kry nie.

Dewald Stassenheimer ontferm hom oor Melda en Janneman nadat hulle na twee moeilike maande, op straat beland. Dewald raak regtig lief vir die voshaarnooi met die vurige humeurtjie, maar hy weet sy ouer broer, Derrick, sal hulle verhouding nooit goedkeur nie.

Die vonke spat toe Derrick Stassenheimer, geswore vrouehater en grootbaas van die ko peratiewe reus, Heimers-Industrie , Melda daarvan beskuldig dat sy Dewald misbruik.

Dan gebeur daar onverwags 'n insident tussen Derrick en Melda. Dit het 'n reeks kettingreaksies tot gevolg, wat die Stassenheimer-huishouding tot in sy fondamente skud.

Weereens bevind Melda haar in 'n benarde posisie en slaan op die vlug, maar hierdie keer is haar hart in die gedrang.

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$14.11
50 Available
Ships within 2-3 days

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2025 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured