Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Seksgodin [Afrikaans] Book

ISBN: B0CM3X3GPC

ISBN13: 9798865890522

Seksgodin [Afrikaans]

Merinda en Melanie, 'n identiese tweeling, word kleintyd geskei. waar elkeen met 'n ouer apart grootword. Melanie word saam met hulle moeder by tant Ester groot, en Marinda bly by haar vader in die groot herehuis; die huis van onheil waar pedofiele uitgesoekte gaste is. As kind, tiener en later 'n jong vrou weet Merinda presies hoe 'n man se kop werk. Sy leer om in onuithoudbare omstandighede te oorleef en ook hoe om haar vrees en liggaam as wapen te gebruik om haar doel te bereik.

Sy trou met Jones, die sjarmante prokureur wat haar voete onder haar uitgeslaan het, min wetend wie en wat hy werklik is. Haar hel begin van vooraf. Een ding wat deur haar kop maal, is Jones se woorde, dat sy alles moet doen om te oorleef. Met albei ouers oorlede, voel sy die erfporsie kom haar alleen toe, n alles wat sy in die onheilshuis moes deurmaak, maar eers moet sy bewys dat sy is die enigste oorlewende erfgenaam is.

Merinda loots 'n soektog na Melanie, wat na hul moeder se dood, op die vlug geslaan het om van haar tante se oorheersing te ontsnap. Sy spoor Melanie na maande se soektog op 'n plaas buite Wolmaransstad op. Melanie word ontvoer na 'n le plaashuis. Merinda neem Melanie se identiteit oor en draai vir Jan, met wie Melanie intussen getroud is, om haar pinkie, en laat haar suster sterf aan 'n oordosis dwelms.

Weke later besef sy, sy het Jan liewer gekry as die lewe self. Gaan die geboortemerk agter op haar been haar verraai?

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$13.97
Ships within 2-3 days
Save to List

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured