Olivia se huwelik lyk perfek van buite - 'n aantreklike dokter as man, 'n suksesvolle lewe en 'n toekoms wat belowend lyk. Maar agter geslote deure begin krake wys. Charl se besitlikheid, sy geheime en sy behoefte aan aandag dreig om alles te vernietig waarvoor sy geveg het. Wanneer Olivia probeer verander om haar man se liefde terug te wen, besef sy stadig maar seker dat sy besig is om haarself te verloor. Hoe ver is sy bereid om te gaan om haar huwelik te red - en teen watter prys? Intussen veg Rudi om sy vrou, Lara, uit die greep van verslawing te red, terwyl hul liefde stadig verbrokkel onder die gewig van verlies en pyn. Twee huwelike. Twee gevegte. Een waarheid: liefde alleen is nie altyd genoeg nie. Wanneer die waarheid uiteindelik uitkom, moet elkeen besluit - veg hulle verder, of stap hulle weg?
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15. ThriftBooks.com. Read more. Spend less.