Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Prinses in Denim [Afrikaans] Book

ISBN: B0B6XSD3ZR

ISBN13: 9798841993780

Prinses in Denim [Afrikaans]

Onbewus van haar ware herkoms, is Diana van Varenberg 'n lewenslustige, uitgesproke jong meisie wat lief is vir vinnige motors en voel op haar gemaklikste in haar denim klere. Haar ma, Jessica, wat die geheim al vir amper een en twintig jaar bewaar, word genoop om haar die waarheid te vertel toe Diana haar meedeel dat die studente DNS-monsters van hul familie moet neem en navorsing doen oor hulle voorgeslagte. Hoe gaan haar dogter op die nuus reageer wanneer sy uitvind dat dokter Jean-Claude van Varenberg nie haar biologiese pa is nie?

Toe Diana uitvind haar biologiese vader is oorlede nog voor haar geboorte, ?n dat hy die seun was van Charissa Maranzano, die koningin van Mardevino eiland in die Mediterreense See, spat die vonke behoorlik. Hoogs ontsteld en kwaad vir haar ouers, klim sy in haar kar en ry sommer net 'n koers in.
Sy daag by die huis op na 'n nag van ontberinge en is verras om haar koningin-ouma en lyfwag by haar ouerhuis aan te tref. Die koningin oorreed Diana en haar gesin om saam met haar na Mardevino te vertrek.

Die aantreklike hertog Renaldo de Castelano slaan Diana se voete onder haar uit. Vir beide is dit liefde met die eerste oogopslag. Een intrige volg op die ander en plaas druk op Dia en Renaldo se verhouding.

Koningin Charissa se gesondheid gaan vinnig agteruit en sy besluit om haar koninklike pligte neer te l? en aan Diana oor te gee. Gaan die bewoners van Mardevino die uitgesproke, lewenslustige dogter van hulle geliefde prins Alex aanvaar as hulle nuwe koningin?

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$13.97
Ships within 2-3 days
Save to List

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks® and the ThriftBooks® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured