Gebaseer op 'n ware verhaal. ʼn Angswekkende gil weergalm in die donker gang af. Afgemete voetstappe klop onheilspellend op die harde te?ls. Koue o? staar deur die loergat in die swaar houtdeur. Ek is hier in Moskou Oblast se sanatorium. Hoe het ek hier beland - was dit deur die KGB of Vladlen Mikhailov se Vierde Departement? Hulle niksseggende kantore is mos hier naby, net ʼn paar honderd meter wes van die Kremlin, by 19 Bolshoi Znamenskylaan. Gedagtes warrel in my agterkop. Wie het vir Gerald Bull geskiet en waarom? Saddam het Koeweit binnegeval en oorlogswolke pak saam op die ongenaakbare warm woestynhorison terwyl ons hier in die ys en sneeu moet leef. Die span Suid-Afrikaanse ingenieurs werk geheimsinnig agter die ho? muur om Bresjnjev se datsja. Gila - is sy ʼn agent van die Mossad en waarom sou die Suid-Afrikaners kennis dra van Irak se Projek 144 by die Al Qaya in Bagdad? Is die gerugte dat Suid-Afrika moontlik Mig-29 vliegtuie vir die Lugmag gaan aanskaf, wel waar? Mandela word uit die tronk vrygelaat terwyl ʼn staatsgreeppoging in Rusland plaasvind. Wat gaan van m? word, hoe gaan ek hier uitkom?
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest
everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We
deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15.
ThriftBooks.com. Read more. Spend less.