Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Oupa, dis Donker [Afrikaans] Book

ISBN: 1776462254

ISBN13: 9781776462254

Oupa, dis Donker [Afrikaans]

Oupa, dis Donker - Francois P. Stemmet

Giel Woest, 'n voormalige skoolhoof, het sy pos verloor. Hy woon nou by sy dogter Petro en haar gesin. Petro se dogter, Christelle, is twaalf jaar oud en sukkel met dwelms. Wanneer haar pa haar sakgeld afsny, betaal sy met seks vir haar dwelms. Haar oupa weet hiervan, maar Petro doen niks daaraan nie.

Tydens 'n vakansie aan die Suidkus, betrap Giel sy kleindogter terwyl sy seks het met haar dwelmsverskaffer. Die man ontsnap, en Christelle beskuldig Giel van verkragting. Hy beland in die tronk, en sy kinders verwerp hom. Nadat hy vrygelaat word, verdwyn Giel na die kus van Port St Johns, waar hy in die bosse bly.

Op 'n dag red hy 'n tienjarige meisie, Inge, uit die see. Haar ouers het in 'n seiljag-ongeluk gesterf, en sy is alleen. Giel dokter haar self gesond en sy raak lief vir hom.

Intussen besluit Petro om haar pa op te spoor, omdat sy vermoed dat Christelle nie die waarheid in die hofsaak ges het nie. Christelle ontvang berading, maar herstel nie. Petro vind uiteindelik Giel, wat niks van sy familie wil weet nie.

Gaan die familie oot weer herenig word?
Sal die verlede lei tot vergifnis?
Hierdie hartroerende verhaal spel die realiteit uit van hartseer, onnodige seerkry en tieners wat in die wrede werklikheid van die lewe vasgevang word.

En Inge? Wat gaan van hierdie jong meisie word?

Recommended

Format: Paperback

Temporarily Unavailable

We receive fewer than 1 copy every 6 months.

Save to List

Related Subjects

Fiction Literature & Fiction

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured