Wanneer dokter Chantey Bruwer in die rustige Karoo-dorpie Kroondal aankom, is dit met die hoop om haar hartseer en die skaduwees van haar verlede agter te laat. Haar nuwe pos by die hospitaal bied 'n kans om oor te begin - ver van die seer wat sy in Kaapstad agterlaat. Maar Kroondal is nie so stil soos dit lyk nie. Van haar eerste dag af bots sy met dokter Berto van Schalkwyk - aantreklik, uiters bekwaam, en oortuig dat sy nie in sy w reld inpas nie. Tog is daar 'n vonk tussen hulle wat albei sukkel om te ignoreer. Terwyl sy probeer om haar plek in die gemeenskap te vind, begin Chantey besef dat die verlede haar dalk nie so maklik gaan los nie... en dat liefde soms op die mees onverwagte plekke skuil. Kan sy regtig weer vertrou? En sal sy uiteindelik vind waarna sy regtig soek - ware geluk?
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest
everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We
deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15.
ThriftBooks.com. Read more. Spend less.