'n Padda het die fee-prins beet.
Met mag en krag wil hy hom vreet.
Die fe -krygers moet nou net keer
dat die ergste met die prins gebeur.
Die Padda het 'n ander plan:
hy sal vreet net wat hy wil en kan
maar een fee het hy onderskat
en nou sal hy sy straf moet vat.
'Onheil in Kabouterland' is 'n fe verhaal vir kleuters en lesers in die grondfase. Die boek het groot letters wat maklik lees en woorde wat help om woordeskat te ontwikkel. Ma en/of pa kan hierdie een saam met die kleingoed geniet Met pragprente wat elke teks vergesel. Geskik vir 2-9 jaar. Hierdie boek is 'n suster-uitgawe vir 'Nagfees in Kabouterland' deur Ansie van Deventer, maar kan as alleenstaande titel gelees word.