Xander Stewards, 'n Plantbiochemikus, bevind hom na 'n familie-trauma, in die Saharawoestyn. Twaalf jaar later swerf hy steeds deur die woestyn, waar hy navorsing doen oor skaars plantsoorte. Hy vind 'n erg beseerde, bewustelose jongman tussen die sandduine, en neem hom na sy tent. Heilda, wat nou al die afgelope tien jaar saam met Xander rondtrek, bekyk elke nuwe vreemdeling wat Xander by die tent aanbring, of dit dalk haar broer kan wees. Tien dae later maak die vreemdeling sy o oop. Ruan Vermeulen, 'n wetenskaplike, vertel hoe hy deur twee mans ontvoer en gemartel is. Hy kon dit regkry om uit aanhouding ontsnap, en dis waar Xander hom in die Saharawoestyn gevind het. Xander besef die wetenskaplike verkeer in lewensgevaar, hy kan dalk ongewenste besoekers na hulle tent lok. Hy gaan soek hulp by die Marokkaanse Polisiekommissaris, maar kan hy hom werklik vertrou? Sarafina word deur die kommissaris aanges om te help met die soektog na die baasbrein agter die ontvoering. Sarafina, net soos Heilda, dra swaar aan die bagasie van haar verlede. Sy betoon geen genade toe hulle die ontvoerders vastrek nie, maar die baasbrein is 'n glibberige vent wat hom nie laat vang nie. Hoekom het die twee mans die wetenskaplike ontvoer? Wat is Sarafina en Heilda se storie, en gaan Xander daarin slaag om hulle almal veilig te hou?
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest
everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We
deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15.
ThriftBooks.com. Read more. Spend less.