Die is 'n verhaal van liefde, oorlog en oorlewing. Die storie van 'n sestienjarige ho rskoolseun vol testosteroon en oorlogromantiek wat registreer vir diensplig in die infanterie in die Suid Afrikaanse Weermag. Van swoeg in bruin uniform, wat amptelik bekend gestaan het as nutria, oor klipkoppe, deur doringruigtes, tussen Namibduine en in Caprivisand. Van oorlogvoering in die Bosoorlog. Van studentelewe en plan maak vir oorleef. Liquorice, soetkoekies, tabak en drank. Hoe 'n vrou se lyf kan verlei. Net 'n baie dapper man trou met ʼn mooi vrou. Selfs moor vir haar. Resensie: Nadat ek 26 jaar in die weermag deurgebring het en in beide die weermagte gedien het waarna hierdie boek verwys, kan ek s dat dit met egtheid geskryf is en die lewe van 'n soldaat uitbeeld soos ek onthou. 'n Moetlees, en goed geprys vir 'n boek van 341 aangrypende bladsye. Mike Grobler
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest
everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We
deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15.
ThriftBooks.com. Read more. Spend less.