My 100 Gunsteling Afrikaanse woorde is saamgestel ter viering van Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal in Suid-Afrika. Die boek sluit van ons lekkerste woorde in soos "naaldekoker, pantoffels, donsies, ietermag " en vele meer. Die boek wy ook 'n spesiale dubbelblad toe aan Afrikaans se eeufees en is gevul met kleur-illustrasies van elke gekose woord. Perfek om woordeskat en woordherkenning te ontwikkel
Die boek is geskik vir kleuters en grondfase lesers.