Tydens sy Damaskus ervaring het die apostel Paulus die vraag aan Y'shua gevra, "Wie is U, Meester?" Dit is die uitgangspunt van hierdie boek dat die Skrif in sy geheel 'n mens nie in die duister laat oor die antwoord op hierdie, en ander soortgelyke vrae oor die Messias nie. Daar is 'n duidelike en eenstemmige boodskap wat van die eerste tot die laaste bladsy in die Skrif tot ons kom, oor watter soort Messias die profete verwag het, hoe Y'shua, die Messias homself bekendgestel het en wat sy onmiddellike apostels na Hom, aangaande Hom geglo, en as uitvloeisel hiervan, aan andere verkondig het.
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest
everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We
deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15.
ThriftBooks.com. Read more. Spend less.