Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Marionette by Diepgezet (Bloed En Modder Reeks) Book

ISBN: B0H1GDJMNN

ISBN13: 9798224912742

Marionette by Diepgezet (Bloed En Modder Reeks)

Sinopsis

Irma Mulder keer terug na Suid-Afrikaanse grond n 13 maande se verfilming van 'n televisiespeurreeks in Hollywood-net om te besef dat niks meer is soos voorheen nie. Niemand wag vir haar op die lughawe nie, en by haar huis is dit duidelik dat haar vriendin en huissitter, Zelma, lankal nie meer daar was nie.

Die verrassings hou egter nie op nie. Sy ontvang 'n dringende e-pos van Gary Hoise-'n man wat sy voorheen verwerp het-wat nou haar hulp nodig het. Intussen lees sy in die plaaslike koerante van mense wat spoorloos verdwyn het, selfs kinders. Gary bring haar op hoogte van die ondersoek, en ook van die feit dat Hugo van Zyl aanbeweeg het.

Gary is nie meer die ongeskikte dronklap van die verlede nie, en saam vorm hulle 'n onwaarskynlike maar formidabele span. Soos hulle die verdwynings ondersoek, ontdek hulle gruwels wat niemand sal glo nie-tensy hulle dit self sien.

Oor die Skrywer

Maria E.S. Prinsloo is 'n Suid-Afrikaanse skrywer met 'n passie vir woorde en storievertelling. Sy het verskeie manuskripte as skimskrywer vir internasionale skrywers voltooi voordat sy haar eie werke begin publiseer het.

Sy is die skrywer van die Bloedspoor-reeks, waarvan verskeie boeke reeds gepubliseer is, asook Enough, wat internasionale aandag geniet het.

Maria beskik oor verskeie skryfkwalifikasies, asook diplomas in regswerk (paralegal) en herbalisme. Alhoewel sy oor verskeie genres skryf, bly misdaad- en spanningsverhale haar grootste passie.

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$22.99
Ships within 2-3 days
Save to List

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured