Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Magika [Afrikaans] Book

ISBN: 1990958834

ISBN13: 9781990958830

Magika

Magika het lankal reeds in Valora uitgesterf. Nadat die gode die kontinent verlaat het, het alle tekens van towerkuns en magiese kragte verdwyn.

Elowen Hanslou is as baba op die stoep van 'n vreemdeling agtergelaat en weet nie wie sy is of waarvandaan sy kom nie. Gewapen met 'n pyl en

boog, bring sy haar dae in Die Donkerwoud deur en steur haar min aan die bangmaakstories van spoke en monsters wat mense steel. Tog verdwyn inwoners van haar tuisdorp vir jare reeds soos mis voor die son.

Wanneer haar suster vermis raak en Elowen vermoed dat sy ontvoer is, reis sy na die hoofstad om die koning om hulp te smeek.

Daar aangekom, ontmoet sy 'n gesluierde man en verloor haar hart dadelik op die aantreklike vreemdeling, min wetend dat hy die befaamde kroonprins van Viridis is.

Toegang tot die koning is nie moontlik nie en die enigste wyse waarop Elowen hom kan spreek, is deur aan 'n kompetisie deel te neem waarvan die prys 'n uitnodiging na die koninklike Lentebal is. Dinge verloop egter nie volgens plan nie en weens 'n sameloop van omstandighede buite haar beheer, word sy van die allerverskriklikste misdaad aangekla.

Intussen word sy deur 'n donker vyand agtervolg wat haar ten alle koste wil opspoor vanwe? die kosbare magika wat in haar are loop.

Recommended

Format: Paperback

Temporarily Unavailable

We receive fewer than 1 copy every 6 months.

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2025 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured