Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Leesgenot 10 [Afrikaans] Book

ISBN: 1776461584

ISBN13: 9781776461585

Leesgenot 10 [Afrikaans]

Abishag

Abishag se w reld van eenvoud as wingerdoppasser en haar liefde vir Gideon, word in 'n oogwink verpletter toe haar ma en broers haar op die ouderdom van sestien jaar, as byvrou verkoop aan 'n wrede Romeinse man, Saulus. Abishag se verhaal vertel van 'n jong meisie wat deur geloof en deursettingsvermo 'n groot invloed op baie mense se lewens het. Haar eie innerlike stryd veroorsaak 'n groot wroeging; sal sy ooit haar ma en broers kan vergewe omdat hulle haar lewe gesteel het vir eie gewin?

Hartedief

Johan Steyn het sy speurwerk deeglik gedoen. Karen Steenkamp, het beslis 'n misdaad gepleeg. Sy het sy hart gesteel. Sy kollegas het nie verniet die naam Bulldog aan hom toegedig nie, waar hy byt laat los hy nie maklik nie, en vir haar, gaan hy beslis nie laat wegkom nie
Gaan Karen se kopbesering haar permanent blind laat? Wie is die romanskrywer wat onder die skuilnaam A & P skryf waaroor sy ma so liries raak?

An

Na Anika se afsterwe, word die sewejarige An in die sorg van haar ongevoelige, alkoholis pa gelaat. Sy word daagliks mishandel, net kos gegee wanneer dit hom pas en haar van alle kinderlike plesier en menslike regte ontneem. Daagliks word sy in hulle bouvallige huis op die klein plattelandse dorpie, Klaasdorp, toegesluit om huishoudelike take uit te voer en soos 'n slaaf al haar pa se bevele uit te voer. Sal David haar uit die wrede kloue van hul pa kan red, of gaan An sterwe aan die wonde van sy wrede uitbarsting...

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$13.97
Ships within 2-3 days
Save to List

Related Subjects

Fiction Literature & Fiction

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured