Hierdie dertig sketse is die resultaat van belewenisse wat strek oor dertig jaar. Daar is lank getalm voordat die sielkundige hok oopgemaak kon word en die spreekwoordelike duiwe uitgelaat kon word om hul vryheid te geniet. Hulle draaivlugte al om die hok totdat hulle koers kon kies, was ewe senutergend. Elkeen is lank agterna gestaar totdat almal as dowwe spikkels van die gesigseinder verdwyn het. As eienaarskrywer van hierdie gedigduiwe...