Die Bosoorlog het plaasgevind tussen 1966 en 1989. Met uitsondering van di? wat daaraan deelgeneem het, is dit n betreklike onbekende konflik. Ongeveer 600 000 Suid Afrikaanse soldate het aan die konflik deelgeneem. Die deelname getalle aan die opponerende kant was veel meer. ʼn Magdom ondervindinge was intens beleef. Daar is heelwat boeke gepubliseer oor die historiese verloop van die gevegte. Tog is daar bitter min publikasies wat die gevoelens van die soldaat weergee. Met hierdie bundel poog die outeur om sy ervarings van die Bosoorlog in dig en woordskets formaat weer te gee. Hy dig en skryf vanuit sy eie blootstelling asook die van ander in die Bosoorlog. Dit vervat die wroeginge, die vreugdes, die hartseer, die opwinding, die verlange en vele ander emosies wat so deel was van soldaatwees. Dit spreek van die emosies van beide vriend en vyand. Hierdie tweede uitgawe verskil effens van die eerste uitgawe. Sekere gedeeltes van die eerste druk verskyn nie in hierdie tweede druk nie.
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest
everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We
deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15.
ThriftBooks.com. Read more. Spend less.