Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Keira - 'n Storie Van Oorbegin [Afrikaans] Book

ISBN: 1928438059

ISBN13: 9781928438052

Keira - 'n Storie Van Oorbegin [Afrikaans]

Keira en die mense van Walkers Village leer ons dat elke mens 'n kans het om oor te begin. Dat elke mens die reg het om oor te begin.Vir die inwoners van Walkers Village is Keira se manier van dinge doen aanvanklik baie vreemd en ongehoord. Maar Keira verstaan dat regte mense regte probleme het. En dat regte mense soms so bietjie hulp nodig het om regte probleme op te los. Saam met Keira leer ons om te verstaan dat die lewe nie altyd regverdig is nie. Dat goeie mense se paaie soms met donker siele se paaie kruis. Dat ons nie altyd kan kies wie ons pad kruis nie, maar dat ons wel kan kies hoe ons daardie pad van ons stap.Want dit is hoe jy jou pad stap wat saak maak.Nie hoe jy die storie vertel nie.Keira - ʼn Storie van oorbegin is Corn Welman se debuut verhaal. Haar tweede boek, Blog van my Siel, bevat die stukkies wat sy op haar gewilde Blog van my Siel op Facebook gepubliseer het. Dit verskyn binnekort.Corn is ʼn voltydse finansi le adviseur met haar eie franchise. Sy woon in Pretoria saam met haar man, haar twee seuns, haar pa, twee katte, vyf honde (ingesluit die befaamde worshond, Bubbles) en ʼn kokketiel.

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$17.00
Ships within 2-3 days
Save to List

Related Subjects

Fiction Literature & Fiction

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks® and the ThriftBooks® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured