Die joernalis en skrywer Herman Lategan word vroeg reeds ʼn hoerkind genoem. Hy is buite die eg gebore. As kind word hy brandarm groot; daar is ʼn skaarste aan kos. Op ses gaan hy vir ʼn jaar kinderhuis toe. Om soos ʼn weggooikind te voel spook dekades lank by hom. Albei sy ouers word alkoholiste. Sy stiefpa skiet op hom. Op 13 beland hy in die kloue van ʼn pedofiel. In sy tienerjare bevriend hy Afrikaanse digters soos Sheila Cussons, Ina Rousseau, Barend J. Toerien en Casper Schmidt. Hy word in die weermag toegesluit. As jongeling vertrek hy na New York waar hy die kunstenaar Andy Warhol op straat agtervolg. Hy keer terug na Suid-Afrika waar hy op die strate beland. Later gaan hy na verskeie rehabilitasiesentrums vir alkohol- en dwelmafhanklikheid. Een aand word hy gyselaar gehou en met ʼn mes gesteek. Hy verloor byna sy been n? ʼn motorongeluk tydens ʼn besoek aan die oudrugbyspeler Mannetjies Roux se plaas. Later vind hy 'n veilige hawe wanneer sy pad met di? van Graham Sonnenberg kruis. Hy maak opgang as joernalis wat na die verste uithoeke van die w?reld reis. Hoerkind is 'n aangrypende relaas oor verlies ?n oorwinning.
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest
everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We
deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15.
ThriftBooks.com. Read more. Spend less.