Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Haar Verborge Noodlot [Afrikaans] Book

ISBN: 1991455070

ISBN13: 9781991455079

Haar Verborge Noodlot [Afrikaans]

Dihana Swanepoel skraap uiteindelik genoeg moed bymekaar om uit 'n gewelddadige huwelik te stap. Terug in haar tuisdorp en tussen goeie vriende, vind sy weer vrede. Tot Jonathan haar opspoor en haar nuutgevonde vrede van vooraf versteur.

Net toe sy dink sy is nou finaal ontslae van Jonathan, kry sy 'n ontstellende oproep van Johanthan se prokureur. Sy is die voog van Lexi, 'n sestienjarige dogter wat wees gelaat is uit Jonathan se vorige verhouding.

Vasberade om Lexi op te spoor nadat sy geheimsinnig verdwyn het, begin Dihana 'n intense soektog wat haar lewe omv rwerp. Sy staar haar eie demone in die gesig, insluitend die pynlike herinneringe aan haar mislukte huwelik.

Ondanks hierdie uitdagings, bly Dihana vasberade en mobiliseer hulp van haar gemeenskap en familie. Haar ontmoeting met Lexi is emosioneel en hartverskeurend, wat lei tot 'n dieper begrip en 'n sterk verbintenis tussen hulle.

Dihana se reis is 'n verhaal van hoop, vergifnis, en die krag van familiebande, terwyl sy streef om 'n veilige en gelukkige toekoms vir Lexi te verseker.

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$12.70
Ships within 2-3 days
Save to List

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured