Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Gister se Prooi [Afrikaans] Book

ISBN: B09QP2MV5P

ISBN13: 9798404311839

Gister se Prooi [Afrikaans]

Marina is middeljarig, en sukkel om van die seerkry en herinneringe aan gister en die verlede ontslae te raak. Sy bevind haarself aan die Kaapse weskus in 'n lieflike vissershuisie wat sy self gerestoureer het. Dis ook hier waar sy onverwags weer haar jeugliefde raakloop.

Intussen is daar so baie dinge wat verhoed dat sy normaal kan aangaan. Sy moet onder andere haar vorige huwelik be?indig, maar kry haar eks n?rens opgespoor nie. Daar is ook die gesinsgeweld, en sy humeurigheid en manipulasie wat blywende letsels gelaat het, wat syself en die kinders moet verwerk. Nuwe verhoudings is dus soort van taboe, indien sy nie kan vrede maak met dit wat in die verlede met haar gebeur het nie. Dit kan nuwe verhoudings lelik in die wiele ry.

Dan maak Hendrik egter weer skielik sy opwagting, en die poppe begin behoorlik dans wanneer hy Bernard in haar geselskap aantref. Sal Bernard die toets van die tyd kan deurstaan, of sal hulle maar weer soos tevore van mekaar afsien? Daar is ook die mooie Lani wat gereeld in Bernard se geselskap aangetref word, waarmee rekening gehou moet word. Sy het haarself alreeds in sy besigheid en privaatsake ingewurm om te sorg dat sy die aantreklike sakeman vir haarself inpalm.

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$10.57
Ships within 2-3 days
Save to List

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured