Elke oggendstond het ʼn soort heiligheid - daai gevoel van God hoor my. Ek beskou vrouwees soos jakarandas wat bloei, so ook bloei die vrou, party met ʼn nikssiende le? blik, ander met ʼn oordadige maskerspel en party met sielswoorde en ander met trane en depressie. En daardie gevoel word uitgestort in woorde, soos in hierdie bundel. Saggies kom die gedagte by my op: Wat is die vrou, dat God aan ons dink, Sy genade uitstort? Dit is die heiligheid van vrouwees elke oggend - ʼn tapyt van genade wat ons omring. In hierdie bundel Feminite (vrouwees) beleef ons die vrou se waarde maar ook haar vrese, blydskap, hartseer en dan die liefde. Ons as vrou kan met oorgawe liefh?, ons emosies baie duidelik wys, en hier is die bewys.
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15. ThriftBooks.com. Read more. Spend less.