EK KOM MET DONKERMAAN, is 'n ongewone, spannende liefdesverhaal. 'n Verhaal gevul met geheime, ontdekkings en die soeke na antwoorde. Perfek vir lesers wat hou van 'n intrige wat stadig ontvou. Wanneer die donkermaan verrys, word die grense tussen werklikheid en die onbekende dunner, en laat jou tot op die laaste bladsy wonder. Stephanie le Roux, gebore en geto op Sandvlakte, 'n pragtige plaas in die Moordenaaskaroo, se liefde vir die Karoo en sy inwoners maak haar bemind. Almal, van die Moordenaaskaroo, tot ver verby die Tankwa Karoo, weet almal van Stephanie, die mooi blonde meisiekind, met maangoud in haar hare en sterre in haar o . Stephanie het nog altyd geglo sy het haar lewe onder beheer - maar wanneer 'n geheimsinnige man haar pad kruis, stuur dit haar op 'n onverwagte, vreemde reis wat haar goed beplande bestaan tussen die karoobossies en wye vlaktes, onherroeplik verander. Saam met Stephanie, ervaar Sandvlakte se mense ook die ander kant van die lewe. Die ligte, komiese kant, die soet van die liefde, maar ook die donker kant van die dood.
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest
everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We
deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15.
ThriftBooks.com. Read more. Spend less.