Wanneer 'n mens soos 'n dier in 'n hok aangehou word, om deur jou pa en sy pelle misbruik en mishandel te word, verloor jy tred met tyd en die werklikheid. Dit was nog altyd die Van Stadens se grootste droom om eendag in 'n huisie by die see te bly. Claire was tien jaar oud toe di droom 'n werklikheid word en sy saam met haar ma, pa en agtjarige broer, Robert, by die strandhuis op Grootbrakrivier kon intrek. Die prentjie van 'n perfekte gesin. Die dag toe die see Robert, se lewe neem, verander haar liefdevolle pa, haar hero, in 'n monster. Agt jaar lank word sy onderwerp aan haar pa en sy dronk pelle se siek speletjies. Sy kry dit reg om haarself te bevry uit die wrede hande van die monster, maar besef gou dis nie so maklik om weer in 'n normale lewe aan te pas nie. Dan ontmoet sy Michael, haar redder, in die agterplaas van 'n boekwinkel. Dis toe Michael le bokse gaan weggooi, wat hy die meisie met die swart hare, gebukkend oor 'n asblik sien. Haar groot en donker o , gevul met haat. Nie net staan die pers streep in haar swart hare uit nie - maar ook haar swart klere, verskeie piercings en tatoe ermerke. Haar blyplek is onder 'n bruggie op die strand. Haar reputasie as prostituut loop haar vooruit. Hy weet di meisie is bad news, maar op 'n vreemde manier trek sy hom aan. Stukkie vir stukkie ontvou Claire se lewensverhaal en word die skanse om haar afgebreek. Claire, is die onstuimige golwe en donderweer. Michael, is die maan, sterre en die rustige see. Ebony and Ivory. Die perfekte kombinasie van donker en lig. Maar gaan Claire ooit inpas by die voorbeeldige lewe en die perfekte toekoms wat Michael se invloedryke ouers vir hom as Teoloog beplan?
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15. ThriftBooks.com. Read more. Spend less.