WAT HET VAN GRIETA GEWORD ?Een van ons grootste natuur-erfenisse word deurlopend bedreig, met die ondenkbare gevolg dat hierdie erfenis daarmee heen sal wees indien "Sleg" vir "Goed" sou oorwin. Hierdie speurroman speel in die Kaap af met een van die groot sosiale knelpunte in Suid-Afrika, sowel as heelparty ander Afrika-lande, as die onderliggende tema.Harry, ons held, word deur 'n redelike ongewone psigiese situasie gekonfronteer, een wat hy nie op sy eie, anders as met sy speursake, kan aanspreek nie. Die onvoorspelbaarheid van gebeure, ervarings, en die gevolge daarvan, betrap die gesoute speurder, sy groot liefde, sy bondgenote, en selfs "Die Vark In Die Verhaal" telkens onkant. Op geen stadium kan ons eers probeer om 'n voorspelling met betrekking tot die uiteinde van hierdie verhaal te waag nie. Dit is dus geen verrassing wanneer die storielyn telkens 'n ander wending inneem nie."Wat het van Grieta geword?" is die groot vraag reg aan die begin van de verhaal, en die antwoord daarop word eers bykans aan die einde van "DRUKGANG" beantwoord. Intussen gaan maak die verhaal ook 'n interressante draai in die Noord-Kaap van die 1800's...en steeds is die onsekerheid deurlopend teenwoordig. "DRUKGANG" is 'n lekker "Goed vs Sleg" verhaal, s relevant in die hedendaagse w reld, en die antwoord met betrekking tot wie as oorwinnaar uit die stryd gaan tree, bly tot in die laaste paragraaf onbeantwoord.Hierdie is verseker een van daardie verhale wat jou na meer van Harry Markotter se toekomstige speurervarings sal laat soek. Wie in "DRUKGANG" is "Goed", en wie is "Sleg?" On sweet nie altyd nie, en soms word ons teleurgestel. Was Harry se onder-skeidingsvermo akkuraat? Die verantwoordelikheid wat op sy skouers rus is massief.
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest
everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We
deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15.
ThriftBooks.com. Read more. Spend less.