Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Dissosiasie: Spoke van die Verlede [Afrikaans] Book

ISBN: B0CJLCZV7G

ISBN13: 9798862341645

Dissosiasie: Spoke van die Verlede (Afrikaans Edition)

Toe Leila se huis saans begin verander vanaf 'n stylvolle moderne huis na 'n ou agtiende-eeuse huis, besef sy dat sy haar huis met 'n paranormale entiteit en 'n gesin van vier geeste deel.Terwyl sy deur die geeste geteister en gemartel word, probeer sy sin maak van die boodskappe wat die spook-seuntjie aan haar probeer oordra. Probeer die seun haar help, of is hy verbonde aan die donker entiteit wat stadig besig is om beheer van haar huis, haar liggaam en haar verstand te neem? Nie net word sy aan die entiteit se sadistiese aksies onderwerp, gemartel, en verkrag nie, sy word ook gedwing om deel te wees van die familie van vier geeste se geheimsinnige lewenswyse. Sy veg desperaat teen hierdie magte ter wille van haar twee klein kinders, maar verloor stadig haar greep op realiteit. Toe sy een aand wakker word met die lyk van 'n onbekende man in haar huis, het sy geen benul wie die man is, en of sy hom vermoor het nie. Sy word in 'n asiel opgeneem en van moord aangekla. Terwyl sy in die psigiatriese hospitaal is, vind sy uiteindelik uit wie die entiteit is en wat hy wil h . Sy word gediagnoseer met Post Traumatiese Amnesie as gevolg van geweldige kindermishandeling tydens haar kinderjare, en sy ervaar genadelose terugflitse van marteling, manipulasie, en breinspoeling deur haar stiefpa, Jacob. Gedurende hierdie skrikwekkende terugflitse, besef sy dat haar kinders in die sorg van Jacob geplaas is, en dat sy uit die gestig uit moet ontsnap. Om die entiteit te openbaar en haar kinders uit die hande van 'n pedofiel te red, word sy op 'n reis geneem na 'n ou, verlate plaashuis in die Vallei van Verlatenheid. Onder die vloerplanke, in 'n vervalle skuur, vind sy haar kinders weggesteek van die w reld af. Hulle word voorberei om die lewe te leef wat sy as kind geleef het.Dit wat sy moet doen om vandie entiteit en haar verlede ontslae te raak, sal beteken dat sy en haar kinders lewenslank voortvlugtiges sal wees.

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$25.78
Save $0.21!
List Price $25.99
50 Available
Ships within 2-3 days

Related Subjects

Fiction Literature & Fiction

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2025 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured