Die verwaarloosde, bevreesde meisie vlug ylings teen die kranse op, deur die digte bos en dorings, wat haar krap en steek. Sy is vreesbevange maar terwyl sy hardloop luister sy na die geluid van moontlike agtervolgers. Haar grootste vrees is dat hy, die man, haar sal kom soek. Honger en dors maak haar lighoofdig en vrees dryf haar om verder teen die kranse op skuiling te vind. Sarina is nie bewus daarvan dat sy val nie, ook nie dat iemand by haar buk nie. Adriaan en sy suster Hilda versorg haar so goed sy kan. Is daar 'n verband tussen die meisie en Adriaan se verloofde wat spoorloos verdwyn het? Sarina mag nie wegkom nie. Al pas Hilda haar hoe goed op, bly sy 'n gevaar vir die sindikaat van wie sy gevlug het. Hulle moet haar teen alle koste probeer opspoor. Gerugte van 'n dwelmhandelaars doen die rondte, maar dit is nie al nie. Hoekom het Sarina onder valse voorwendsels 'n onderwyspos bekom? As Adriaan vreemde spore en beweging op sy plaas ontdek, begin die poppe dans. Watter vreemde dinge gebeur in hulle omgewing? Die verhaal ontknoop met soveel verrassings en weereens bewys die skrywer, niks gebeur sonder 'n doel nie. Liefde se vier altyd.
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest
everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We
deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15.
ThriftBooks.com. Read more. Spend less.