Jan Visser staar ingedagte by die venster van die vliegtuig uit. Daar ver onder die uitgestrekte Atlantiese Oseaan vaar 'n skip met 'n lang wit stert agter hom aan - byna soos 'n komeet. Oor nog sowat vyftien minute behoort die vasteland van Amerika op die horison te verskyn, dink hy. Drie weke vakansie in Amerika Jan is sewentien jaar oud en is saam met die ander tweehonderd-nege-en-veertig seuns en dogters in 'n landswye kompetisie gekies vir hierdie toer. Hulle is almal knap skoliere in Wetenskap en Wiskunde. Die hoogtepunt van die toer is die bywoning, as spesiale gaste van NASA, van die lansering van 'n ruimtetuig.
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15. ThriftBooks.com. Read more. Spend less.