DIE MERK VAN EL-KAT
DIE GOUE SEUNS VAN VER
GAAN TEEN DIE
VEER VAN DIE WAARHEID
GEWEEG WORD
Janita Visser verdwyn spoorloos en die tweeling Boela en Basjan Botha en hulle boesemvriend Phillip Human verkeer ineens in lewensgevaar.
Wat het 'n dooie kat en 'n reeks ontvoerings van mooi, blonde meisies gemeen?
Watter rol speel Egiptiese mitologie in die oplossing van di tergende geheim? Waarom waarsku die fortuinverteller, Madam Rosa, die seuns teen die Klou van el-Kat?
Skuil die oplossing van Janita se verdwyning in die Kaapse hawefront of in die Klooster van die Heilige Katherina diep in die Sinaiwoestyn in Egipte?
Die Merk van el-Kat is 'n spanningsverhaal vir 10-12 jaar wat end-uit gelees moet word.