(Voorheen uitgegee onder die titel Bloedmaan) Na 5 jaar kry die MOETLEES boek 'n afstof, 'n nuwe titel en 'n nuwe baaidjie. Die Maan Huil Bloed is 'n spanningsverhaal vol intrige en vertel die verhaal van Trudie wat 'n erfgenaam is van 'n man wat haar tweede pa is, waarvan sy nie eers geweet het nie. Sy erf 'n wildsplaas aan die voet van die Soutpansberge. Net na die besoek van die prokureur ontvang Trudie 'n bos rose en haar vriendin Rika sterf net daarna. Is dit toevallig? Sy ontmoet haar suster Vennessa vir die eerste keer en sy word vyandig behandel. Trudie ontmoet Rudi wat haar voete onder haar uitslaan en wanneer sy in haar kamer kom daardie aand, wag daar 'n briefie vir haar, in bloed geskryf. Trudie moet die handewerk aanskou van renosters wat gewetenloos gestroop word tot waar haar eie lewe in gevaar kom... Gaan Trudie op die plaas aanbly en die stropery stop? Waar pas haar onbekende suster in hierdie verhaal?
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15. ThriftBooks.com. Read more. Spend less.