Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Die Koninkryk ge-openbaar Book

ISBN: 152377987X

ISBN13: 9781523779871

Die Koninkryk ge-openbaar

Die doel van die bundel is om die geestelike dimensie teenoor die fisiese dimensie na vore te bring, gefundeer vanuit die Woord van God. Kinders van God sowel potensi le kinders sal hieruit beter verstaan hoekom God hul 'n lewe hier op die aarde toevertrou het; om hul volle potensiaal te ontwikkel asook Gen.1:26 en Num.14:21 te volbring. In die Woord staan geskrywe dat die tyd uitgekoop moet word en u my liewe leser koop die tyd uit om die bundel saam met die Woord te bestudeer, dit sal jou saam met die Heilige Gees op vlerke neem tot ho r hoogtes in die Geestelike dimensie. Ek vertrou dat u my liewe leser u denke sal verander, die bundel sal eet, verstaan en opgewonde raak en 'n totaal nuwe lewe met die Heilige Gees begin wandel en daagliks by die Vader gaan kuier in Sy Troonkamer en met Hom maaltyd hou terwyl jy nou hier op die aarde jou daaglikse pligte nakom. God die Heilige Gees is die Outeur van die Woord, wat deur mense op papier neergepen word om die geheimenisse te openbaar en tot u beskikking te stel. Hierdie uitgawe verklaar vrae oor wie nou eintlik die regte 666 is. Wie en wat die eintlike merk van die bees is. Wat nou eintlik die eindtye is waaroor almal so gaande oor is. Wat behels die duisend jarige vrederyk en wat hou dit vir ons in? Dit bevat die Koninkryk lewe wat Jesus op die aarde gelei het en hoe Hy dit vir ons gedemonstreer het. Dit is in volle reg 'n baie insiggewende uitgawe hierdie en behoort langs die Bybel op ieder en elk se bedkassie te wees.

Recommended

Format: Paperback

Temporarily Unavailable

We receive fewer than 1 copy every 6 months.

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2025 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured