Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback Die Knokkerboomblom sal Weer Bot [Afrikaans] Book

ISBN: B0CFD4QV4P

ISBN13: 9798857441558

Die Knokkerboomblom sal Weer Bot [Afrikaans]

Dis my omgeehart vir my medemens wat my hand beweeg om te skryf. Waar ander net die vaalte en eenvoud sien, gewaar my oog die mooi van die mens voor my. Daar is soveel van ons doodgewone Suid- Afrikaners wat nooit die erkenning sal ontvang vir die positiewe impak wat hulle maak in ons gemeenskappe nie. Ek is passievol daaroor om hierdie mense se stories te vertel. Iemand moet en sal weet van hulle, want daar is soveel inspirasie, wysheid, omgee en hoop in hierdie stories opgesluit. Met soveel uitdagings wat ons as Suid-Afrikaners deesdae in die gesig staar wil elke inspirasie storie en rubriek 'n vars briesie hoop na die leser bring.
Elke storie en rubriek wil die boodskap oordra dat jy nie alleen is nie. Dat daar soveel goed en mooi in hierdie land van ons is en dat dit absoluut die moeite werd is om dit met mekaar te deel. Met hierdie publikasie, Die knokkerboomblom sal weer bot, wil ek jou uitnooi om nuwe hoop en moed te skep, saam te lag en wonder en sommernet weer tuis te voel in ons mooi land.

En onthou - ons is Afrika en Afrika is ons
Geniet die lees.

Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$14.82
Ships within 2-3 days
Save to List

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2026 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks® and the ThriftBooks® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured