Die arme kinders Grim. Hulle ouers het spoorloos verdwyn en na hulle vir jare by Ouma Annie gebly het moet hulle nou weeshuis toe gaan want Ouma Annie het siek geword. Die weeshuis is egter nie wat hulle verwag het nie. Dit is 'n vreemde gebou wat eerder soos drie huise lyk wat sommer opmekaar gestapel is en stadig in die wind rond draai. Agter die ou, grys planke skuil daar dinge wat die kinders nog nooit voorheen gesien het nie, gevaarlike dinge. Dinge wat hulle wens nooit hulle pad gekruis het nie.Kom saam met Bella en haar sibbe op hulle avontuur deur die fantasie w?reld van Nimmermeer waar hulle talle vreemde dinge te?kom wat hulle soms in benarde situasies dompel. Daar is vreemde diere en plante, selfs mensvreters en gevaarlike monsters, om van die orkwortelsop nie eers te praat nie!
ThriftBooks sells millions of used books at the lowest
everyday prices. We personally assess every book's quality and offer rare, out-of-print treasures. We
deliver the joy of reading in recyclable packaging with free standard shipping on US orders over $15.
ThriftBooks.com. Read more. Spend less.